WIE IS ONS EN WAT IS ONS DOEL
ETA lewer ’n 24/7 aanvanklike geestelike en emosionele ondersteuningsdiens aan sekondêre slagoffers van geweld of trauma op nationaale vlak. Hierdie diens word alleenlik vir Trauma a.g.v. Onnatuurlike dood, soos bv. noodlottige ongelukke; moord; selfmoord, asook ernstige ongelukke; gewapende roof, ens. finansieel deur sommige inwoners van Rustenburg ondersteun Alle posttraumatiese gevalle word daarna na professionele diensverskaffers, soos bv. pastorale raadgewers; geneeshere; sielkundiges en traumaberaders gefasiliteer. Laasgenoemde diens kan wel finansiële implikasies hê. ETA hanteer dus geensins sosiaalmaatskaplike probleme, soos bv. huweliksberaad, finansiële krisisse,
verhoudingsprobleme e.a. nie.
Besoek gerus ook www.kruiskrag-
ENKELE STATISTIEKE VIR
KENNISNAME
PADONGELUKKE:
Die getal padongelukke in die Republiek van Suid-
is nog steeds besig om te styg. Meer as 14,000 mense
sterf oor ’n periode van ’n jaar. Dit is die hoogste in die
wêreld, as dit in aanmerking geneem word dat dit meer as
200 sterftes per 100,000 voertuie is. Van die hoofredes is ongelisensieerde voertuie;
bestuurders met geen bestuurs-
ETA gee hiermee erkenning vir die S.A.P. vir hul opoffering, en soms uiters gevaarlike diens wat hulle vir ons gemeenskap lewer. Ons respekteer elke lid.
SELFMOORD:
Volgens ’n berig in Die Beeld koerant van 15 September 2014, is die getal selfmoorde in
Suid-
Die Suid-
Ongeveer 8,000 mense pleeg per jaar selfmoord . Dit is die derde hoogste syfer
vir onnatuurlike dood in die land. Die tragiek is dat vanuit 230 pogings tot selfmoord,
slaag 23 persone! Dit laat geweldige groot emosionele letsels na op die agtergeblewendes.
Selfmoord onder die studente van ons universiteite is die tweede hoogste sterftes
onder studente in die wêreld.
MOORD EN GEWELD:
Die gevalle van moord het vanaf 15,609 moorde in 2011/12 tot 16,259 in
2012/13 toegeneem. Dit beteken in effek moorde het gemiddeld vanaf
43 moorde tot 45 moorde per dag in die Republiek van Suid-
toegenedings het vanaf 64,514 tot 66,387 toegeneem. Dit is 127,0
gevalle vir elke 100,000 inwoners.
GEWAPENDE ROOF:
Rooftogte in strate en publieke plekke was gedurende
2012/13 60,262 gevalle. Huisinbrake was gemiddeld
49 huishoudings per dag! Daar was 9,990 skakings
van voertuie gedurende 2012/13.
ERNSTIGE SIEKTE: HART EN HARTVATSIEKTES:
Gemagtig deur “The Heart and Stroke Foudation S.A. (HSFSA)” het die
Mediese Navorsingsraad (MRC), die volgende verslag bekend gemaak,
wat bekragtig is deur Prof. Krisela Steyn, van die Universiteit van Kaapstad
se Mediese Fakulteit: Gedurende die tydperk 1997 – 2004 het gemiddeld
195 mense per dag aan een of ander hartsiekte (Kardio-
gesterf. Die verwagting is dat mense in die werkende groep tussen
35 – 64 jaar se sterftesyfer met meer as 41% tussen 2007 tot 2030
gaan toeneem. Verskillende soorte kankers eis ook sy tol.
DOOD VAN GELIEFDES:
Gedurende die jaar 2014 het 551 389 iinwoners van Suid-
U SIMPATIEKE ONDERSTEUNING SAL BAIE HOOG OP PRYS GESTEL WORD.
WERKSWYSE
ETA lewer ter ondersteuning ’n onmiddellike diens direk na een of ander traumatiese gebeure, aan die individu en/of familie wat trauma ervaar. Dit is bv. om die betrokke nuus, na ’n tragiese insident met groot omsigtigheid oor te dra. Dit word met die bystand van professionele persone, so ver moontlik, gedoen. Dit is m.a.w. ’n organisasie wat op ’n simpatieke, ondersteunende oorbruggingsdiens aan die betrokkenes lewer, met verdere professionele ondersteuningsdiens van die betrokke individu of familie se eie persoonlike keuse, bv. die kerk
of sielkundige diens van hul voorkeur.
DIE BESTUUR
DIE STATUS VAN ETA.
ETA is ’n nie-
ETA word soos volg bestuur:
1. RAAD VAN DIREKTEURE:
1.1. Die Raad van Direkteure bestaan uit ’n minimum van drie lede, en is verantwoordelik
vir die administrasie. Hulle is tans:
Ds. C.R. Mostert (Voorsitter).
Ds. H.J. Coetzer (Vise-
Mnr. D. Farmer
Mnr. C. Nienaber
Mnr. H.F. van Wyk.
Mnr. W.J. Steyn.
1.2. Die Raad van Direkteure staan aan die bestuur van ETA se administrasie, en dien as die uitvoerende gesag.
1.3. Daar sal notules by die vergaderings gehou word.
2. DIE ADMINISTRATIEWE KOMITEE:
2.1. Lede van die Administratiewe Komitee word aangestel deur die Raad van Direkteure.
2.2. Die uitvoerende Administratiewe Komitee bestaan uit die volgende:
Administratiewe Bestuurder:
Ds. H.J. Coetzer.
Operasionele Bestuurder:
Ds. C.R. Mostert.
Sekretariële Koördineerder.
Finansiële Koördineerder.
Opleiding Koördineerder.
Die betrokke komiteelede sal taakomskrywings van die Raad van Direkteure ontvang.
Die komitee sal gereeld soos deur die Raad van Direkteure besluit is, vergader. Notules
sal by die vergaderings gehou word.
3. RAAD VAN PROFESSIONELE DIENSTE:
Dit is persone wat ’n roeping op hul lewens het. Hulle beskik oor die nodige amptelike kwalifikasies om hul beroepe te beoefen soos bv. Sielkundiges,trauma beraders, maatskaplike werkers, leraars, pastore, ens. Uit hierdie professionele kundiges sal ’n
raad saamgestel word.
4. FINANSIES:
Die generering van fondse vir hierdie diens van ETA, sal soos volg geskied:
ETA sal befonds word deur donasies, inkomste uit advertensies, asook fondsinsameling soos deur die Administratiewe Komitee besluit. Alle vorme vanfondsinsameling sal deur die Raad van Direkteure bekragtig word.
Alle vorme van inkomste sal in ETA se bankrekening geplaas word. Amptelike kwitansies sal daarvoor uitgereik word. Die finansiële jaar sal vanaf die eerste van
Maart tot die einde van Februarie die daarop volgende jaar strek. Die finansiële state
word jaarliks deur mnr. W. J. Steyn ge-
ETA kan voltydse, asook deeltydse persone in diens vergoed. Elke werknemer sal 'n dienskontrak ontvang en teken.Die inkomste en moontlike eiendom van die organisasie is nie verdeelbaar onder sy lede of ampsdraers nie, met uitsondering van ’n redelike vergoeding vir dienste gelewer.Lede of ampsdraers het geen regte op die eiendom of ander bates van die organisasie nie.
5. VRYWARING:
Die Direkteure, die Administratiewe personeel, asook lede van die Professionele Dienste sal nie persoonlik aanspreeklik gehou word vir enige Selfmoord onder die studente van ons universiteite is die tweede hoogste sterftes onder studente in die wêreld. verlies gely deur enige persoon, as gevolg van 'n daad van versuim wat in goeie geloof plaasvind het, terwyl sodanige ampsdraer,direkteur of lid funksies vir of namens ETA verrig het nie. U bydrae help meer mense wat in geestelike en emosionele spanning verkeer, om sodoende deur hierdie diens betekenisvol en met toewyding versorg te
word. Gesamentlik reik ons dus uit met ondersteunende hande.
DIE BANKBESONDERHEDE IS:
ETA
CAPITEC BANK
REKENING NR. 1418784654
TAKKODE 470010
VIR VERDERE NAVRAE OF AFSPRAKE:
Ds. Chris Mostert 0825551946
MISSIE:
Dit is die implemetering van ’n
U SIMPATIEKE ONDERSTEUNING SAL
BAIE HOOG OP PRYS
GESTEL WORD.
VIR VERDERE NAVRAE :
Ds. Chris Mostert 0825551946
| ONDERWERPE |
| NUUSBRIEF |
| INDEX |
| NEWS LETTER |